deur Henrie Smith
Iewers in Vlaandere (op die grens van België en Frankryk) is ‘n Smithfielder begrawe, wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog omgekom het.
Die 22 jarige Christiaan Nicolaas Swanepoel van die plaas Middelburg het op 7 Mei 1916 daar gesneuwel. Na die oorlog is ‘n gedenksteen op Middelburg vir hom opgerig.
Beide sy ouers was reeds oorlede toe hy na skool eers in Engeland gaan studeer het, voordat hy by die oorlog aangesluit het. Sy “tweede ma”, die bekende Tant Salie Swanepoel (oorlede 1963) en sy halwe broer swaer (Bernard en Francois se pa) het met sy vertrek op Middelburg agter gebly. (Tant Salie was sy ma se suster, wat na haar dood met sy pa getroud is). Na sy dood is twee medaljies ter ere van hom na Middelburg gestuur, waar dit steeds bewaar word.
Op 19 April 1916 het vier skepe met Suid- Afrikaners aan die kus van Marseilles, Frankryk geanker. Die bemanning van die HMT Orania is aamvanklik onder kwarentyn geplaas by ‘n kamp, La Valentine, buite Marseilles. Die res van die bemanning het per trein vertrek, deur Parys waar hulle o.a. die Eiffeltoring vanuit die trein kon sien, na Vlaandere. Die bestemming was Armentieres op die grens van België.
Vandaar het hulle gemarsjeer na Le Bizet, waar ‘n sterk Duitse mag teenwoordig was. Geboue op die dorp was beskadig en baie was verlate.
Dit is moontlik dat Christiaan in die omgewing van Le Bizet gesneuwel het, aangesien die plek op 31 Mei 1916 verlaat is op pad na die bekende Delville Wood.
Die slag van Delville Wood was in die omgewing van Longueval. Dit was bekend as Bois de la Ville (Wood of the Village of Longueval) die geveg wat geduur het van 14 Junie tot 20 Julie 1916 waarin 766 Suid- Afrikaners gesneuwel het. Die slag word as volg beskryf:
“For six days and five nights, South Africans fought and died in an inferno of exploding shells which reached seven shells per second along with flame-throwers, machine guns, and rifle fire.”
Inligting: Delville Wood – Ian Uys / Swanepoels van Middelburg.