Smithfield – Eens Belangrike Dorp in SA

deur Henrie Smith

Gedurende die eerste paar dekades van die vorige eeu was Smithfield een van die bekendste dorpe in Suid-Afrika, want dit was vir 35 jaar lank Genl Hertzog se kiesafdeling (15 jaar as eerste minister van Suid-Afrika).

Belangrike toesprake is op Smithfield gehou, onder andere gedurende 1913 toe hy die beginsel van “Suid-Afrika se belange bo die van Brittanje” verdedig het. Dit het gelei tot sy bedanking uit die S A Party en sy besluit om die Nasionale Party in Januarie 1914 te stig. Verslaggewers het tydens sy besoeke van sover as Kaapstad na Smithfield toe gekom om verslag te doen.

Volgens my pa het die Smithfielders Genl Hertzog met hul perdekarre en later motors, by die dorpsdam ingewag en verwelkom. Dit is aan hom te danke dat Afrikaans as amptelike taal erken is en dat Suid-Afrika ’n eie vlag en volkslied gekry het.

Ongelukkig is hierdie groot Afrikaner, vir wie Smithfield ’n besondere plek was, deur die N P van dr Malan verwerp, as gevolg van sy samewerking met Genl Smuts. Hy het as verbitterde hom totaal onttrek aan die samelewing en is kort na sy vrou Mynie se dood, op 21 November 1942 oorlede.

Smithfielders het hom ongeveer 1956 vereer toe die skool na hom vernoem is (Hoërskool Genl Hertzog). Sy seun dr Albert Hertzog (later HNP leier) het die naamplaat by die hek van die skool onthul.

Ongeveer 1965 was Smithfield weer in die nuus, toe nog ’n eerste minister, nl dr Verwoerd, die dorp besoek het. Nasionaliste het van oral af gekom terwyl die Sappe dié keer die besoek geïgnoreer het!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Smithfield – Eens Belangrike Dorp in SA

  1. Gideon says:

    Ons oud Smithfielders kry bittermin inligting deur van ons Alma Mater. Al het ek 47 jaar gelede gematrikuleer as ‘n trotse leerling van die Hoêrskool Genl Hertzog is my skoolloopbaan wat vanaf 1952 in Smithfield was, steeds vir my baie aangenaam om die onderwerp op te haal waar ek ookal mag wees. Ek onthou goed hoe Dr Albert Hertzog op 23 Oktober 1959 ons sierhek onthul het. Ook toe ons in 1956 die Snoepie gekry het wat oom Josef vir ons gehanteer het. Verder staan die swaar tye nog duidelik in my geheue geskets waar ons daagliks toebroodjies, kof koeke en melk of tee in die bekertjies gekry het gedurende langspeeltyd. Verder het ons die ou Chev-bus in 1958 gekry en ook die skoollied in 1958. Hoe het ons nie met ons rugby span vooruit gegaan vanf 1960 toe Mnr Labuschagne ons begin afrig het nie. Die groot doelwit bereikings van die 1961 en 1962 seisoene. Hoe ons Klerksdorp Hoërskool, wenner Admin beker in Transvaal en Bloemfontein Tek, die span van Sakkie van Zyl en wenner van Greykollege daardie jaar almal geklop het. Ja – dit was wonderlike jare.
    47 jaar later en ons matrieklas-wa van 1962 beweeg steeds vooruit Ons mag miskien nog dankbaar wees dat sover ek weet net Douw Venter, Marius Bekker, Jan Doubell en Deon Jordaan oorlede is. Ons klas was tot in 1962 die grootste wat Smithfield nog opgelewer het nl 22. Ek self het met ‘n hartaanval amper afgeval, maar ek is weer bo en ryn steeds saam.

  2. Aubrey Haley says:

    Lekker om van my seniors te lees. Ek het ook in die skool gematrikuleer in 1972. My broer en suster was ook in die skool.
    My telefoon no is 051-4462047

  3. Wilma Taljaard says:

    Graag verneem ek asb presies waar Smithfield gelee is en hoe eiendomspryse daar uit sien.

    Verneem graag van u

    Groete

    Wilma Taljaard

    • smithfieldinfo says:

      Hello Wilma
      Smithfield is in die suid Vrystaat. Daar is ook ‘n kaart op ons Map bladsy.

      Huis pryse wissel van R450 000 en op.

      Smithfield is nog een van die rustige klein dorpies, maar tog met die potentiaal van grooi. Die N6 pad af na Barkly Oos, Morgan Baai, Oos Londen en selfs Graafreinete kom deur Smithfield.

      Laat my weet as daar nog inligting is wat jy verlang.

      Groete

      Lynden

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>